Geen Covid-sterftes, een pasiënt in ‘n intensiewesorgeenheid

Die Namibiese gesondheidsministerie het geen Covid-sterftes aangemeld nie, asook 12 nuwe gevalle uit 1 109 toetsuitslae, wat ‘n positiewe koers van 1,1 persent verteenwoordig. In die groep is twee leerders, asook een onderwyser en gesondheidswerker elk. Daar is nou 782 aktiewe gevalle, waarvan 23 in hospitale is, asook een pasiënt in ‘n intensiewesorgeenheid. Altesaam 256 381 mense is ten volle ingeënt. Die uitvoerende direkteur in die gesondheidsministerie, Ben Nangombe, gee die jongste statistieke.