Miljoenêr se party wen (amper) meerderheid in Lesotho

’n Lesotho-party onder leiding van ’n diamantmagnaat het die meeste setels in verlede week se verkiesing gewen, maar het nie ’n algehele meerderheid gekry nie. Die Revolution for Prosperity-party, wat in Maart deur Sam Matekane gestig is, het na vore getree as die enkele grootste party met 56 setels, maar moet nou ander groepe hof maak om die land se 120-lede parlement te beheer. Kenners meen dit wek kommer omdat daar reeds jare lank politieke onstabiliteit is onder die All Basotho Convention wat sedert 2017 in beheer is.