JP Morgan-baas sê resessie in VSA kom

Amerika se ekonomie kan binne die volgende ses tot nege maande ‘n resessie binnegaan. Die waarskuwing kom van Jamie Dimon, uitvoerende hoof van Amerika se grootste beleggingsbank, JP Morgan. Hy sê sommige van die bydraende faktore is die uitwerking van weghol-inflasie, skerp rentekoersstygings en Rusland se oorlog in Oekraïne. Dimon sê hy verwag wisselvallige marktoestande wat met wanordelike finansiële toestande saamval: