Miljoene sal sonder TV sit, sê SABC

Die SABC in Suid-Afrika het owerhede versoek om die spertyd vir die afskakeling van die analoogsein uit te stel. Die uitsaaikorporasie sê daar was stadige vordering met die registrasie en installering van dekodeerders. Die direkteur van Media Monitoring Africa, Wiliam Bird, sê die spertyd is onrealisties en oorhaastig. Die land gaan na verwagting Vrydag na digitale televisieuitsendings oorskakel:

Namibië het reeds ‘n geruime tyd al van analoog na digitaal migreer.