Biden wil 20% belasting op miljardêrs plaas

Die Amerikaanse President Joe Biden sal ‘n minimum belasting op miljardêrs voorstel as deel van die fiskale 2023-begroting wat na verwagting Maandag bekend gemaak sal word. Biden se “Billionaire Minimum Income Tax” sal ‘n minimum belastingkoers van 20 persent op huishoudings wat meer as 100 miljoen Amerikaanse dollar werd is, vasstel. Daar is ongeveer 700 miljardêrs in die VSA. Die plan sal vereis dat sulke huishoudings dié minimum belasting op al hul inkomste moet betaal, insluitend ongerealiseerde beleggingsinkomste wat tans onbelas is.