Cenored herstel, vir nou, kragtoevoer

‘n Week gelede is ‘n NamPower-transformator op Tsumeb deur weerlig beskadig wat tot ‘n kragonderbreking gelei het. Volgens die hoofskakelbeampte van Cenored, Charlie Matengu, was sommige inwoners se krag aan die ou Dundee-kraglyn gekoppel wat nie elektrisiteit aan die hele dorp kon verskaf nie. Hy sê die situasie is gedeeltelik opgelos met Cenored wat die hele dorp aan ‘n sterker kraglyn gekoppel het, terwyl hulle reëlings tref om ‘n transformator na die dorp te bring. Matengu doen ‘n beroep op inwoners om kragtoestelle af te skakel.