Miljoene jeug in SA doen aansoek vir indiensnemingsprojek

Die Departement van Basiese Onderwys het 7,3 miljoen aansoeke vanaf 867 864 aansoekers ontvang vir die Presidensiële Jeug-indiensnemingsprojek. Daar was 796 skole in die land wat minder as 20 aansoeke ontvang het en 14 skole het geen aansoeke ontvang nie. Die departement se woordvoerder, Terence Khala, sê die skole wat geen aansoeke ontvang het nie, is in die Oos-, Noord- en Wes-Kaap: