Koning se swan vertraag verkeer met ‘n uur

Sommige Britse treinpendelaars was net geïrriteerd, terwyl ander die ligter kant kon sien toe die oggend-spitsverkeer vir byna ‘n uur vertraag is. Die rede?  ‘n Swaan het oor die spoorlyn in Staines gedwaal en veroorsaak dat alle treine tot stilstand gekom het. Die voël is uiteindelik in ‘n sak verwyder, met net sy lang nek wat uitgesteek het. Network Rail het op Twitter gesê die swaan is na ‘n oord geneem om te ontspan. Vroeër die maand is aangekondig die nuwe monarg, koning Charles, is nou die nuwe eienaar van al Brittanje se wilde swane.