Miljoene ingesamel vir afgeleë Britse kroeg

Brittanje se kroeglopers het saamgespan om die land se mees afgeleë taverne in Skotland te red. The Old Forge in ‘n ruwe deel van dié land kan slegs per boot of ‘n staptog van twee dae bereik word en is baie gewild onder die 110 inwoners van Inverle en toeriste. Die vorige eienaar het dit in die winter gesluit en in die mark gesit. Plaaslike besoekers het ‘n fonds gestig om die kroeg deur ‘n gemeenskapsaandeel te koop en meer as 6 miljoen Namibiese dollar ingesamel. The Old Forge sal na verwagting Paasnaweek heropen.