Tsumeb begin ook water afsny, skuld beloop N$177m

Tsumeb se munisipaliteit se waarnemende hoof uitvoerende beampte Monique Muturi sê inwoners van die dorp skuld 177 miljoen Namibiese dollar in onbetaalde rekenings, op van 136 miljoen dollar voor gratis water moes voorsien word. Muturi sê die dorpsraad het geen keuse as om dienste op te skort nie aangesien hul skuld by NamWater ook gestyg het en tans op 40 miljoen dollar staan. Sy voeg by inwoners kan kontak met die munisipaliteit maak om ‘n afbetalingsplan te reël. Talle dorpsrade regoor die land het reeds uitdagings gehad voor die 2020-opdrag dat gratis water aan alle inwoners moet voorsien word as gevolg van die pandemie.