Miljoen bome in SA geplant

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa het as deel van die Regerings-vergroeningsprogram die departement van bosbou, visserye en die omgewing opdrag gegee om die aanplanting van twee miljoen bome jaarliks vir die volgende vyf jaar te koördineer. Omgewingsminister Barbara Creecy het tydens ‘n bespreking van haar departement se begroting in die nasionale raad van provinsies gesê die bome sal kom van die departement se kwekerye in Wolseley, Bloemhof, Rusplaas en QwaQwa. Sy sê die bome sal ook verkry word van gemeenskapsgebaseerde kwekerye en klein ondernemings.