Miljarde se opknappings keer dat Charles na paleis trek

Koning Charles sal glo vir vyf jaar verhinder word om na Buckingham-paleis te trek weens die opknapping van die paleis teen 369 miljoen pond, of 8,2 miljard Namibiese dollar wat aan die gang is. Die koning en sy vrou Camilla sal eerder 400 meter verder by Clarence House woon vir drie dae per week en in Windsor-kasteel vir twee, terwyl hulle naweke sal deurgebring in Sandringham, Norfolk, volgens Britse media. Charles se verhuising na die paleis is glo vertraag, want die opknapping is baie ver agter skedule, maar die monarg behoort in Buckingham-paleis te woon. Werkers is net halfpad deur ‘n 10 jaar-opknapping van die paleis, wat die aanbring van nuwe elektrisiteit, loodgieterswerk en verwarming sal insluit, en wat die paleis tot 2027 onbewoonbaar sal maak.