Zelensky vra vir sanksies teen Iran

Kiëf doen ‘n beroep op die Europese Unie om sanksies teen Iran in te stel nadat die stad deur kamikaze-hommeltuie gebombardeer is waarin ten minste vier mense dood is. Die Shahed-136 hommeltuie is glo deur Iran aan Rusland verkoop. ‘n Oekraïnse amptenaar beskuldig Iran daarvan dat die land verantwoordelik is vir die moord op Oekraïnse burgers. Iran ontken dat hy hommeltuie aan Rusland verskaf. Professor Andre Duvenhage, ‘n politieke analis in Suid-Afrika, sê dit kan aanvaar word dat die hommeltuie van Iran afkom.