Daar moet beperking wees in Namibië op die teling van veghonde

Die Sizwe Kupelo-stigting het met ‘n versoekskrif begin om te vra dat Amerikaanse veghonde as troeteldiere in Suid-Afrika verbied word. Dit volg op ʼn vlaag noodlottige aanvalle waarby die honderas betrokke was. Die stigting het tot dusver reeds meer as 20 000 handtekeninge ingesamel. Die organiseerder van die versoekskrif, Sizwe Kupelo, sê in lande soos Finland, Denemarke, die Verenigde Koninkryk, Portugal en ander is dit reeds verbode en daar is beperkings op eienaarskap. Heather Craemer, die voorsitter van die Namibiese Dierewelsynsvereniging het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.