Militêre regerings is nie die antwoord nie – Guterres

Die Afrika-unie se vrede-en-veiligheidsraad het besluit om Gaboen onmiddellik te skors na die militêre staatsgreep vroeër die week. Weermagoffisiere wat Woensdag die bewind oorgeneem het, het generaal Brice Nguema as die land se nuwe oorgangsleier aangewys. Met president Ali Bongo wat uit die kussings gelig is, is sy familie se magsgreep van 55 jaar in dié sentraal-Afrikaland beëindig. Die AU-raad sê Gaboen is uit al die unie se aktiwiteite, organe en instellings geskors tot die grondwetlike orde in die land herstel is. Intussen sê die sekretaris-generaal van die VN Antonio Guterres militêre regerings is geen oplossing vir maatskaplike uitdagings nie.