Migrasiebeleid sal N$140m kos

Die Namibiese ministerie van binnelandse sake sê 140 miljoen Namibiese dollar is oor ‘n periode van vyf jaar nodig vir die implementering van sy migrasiebeleid. Die beleid poog om ‘n gekoördineerde bestuursplan wat die  land se ontwikkelingsdoelwitte en –programme ondersteun en komplimenteer, daar te stel. Die beleid is onlangs deur die kabinet goedgekeur. Migrasie bly ‘n probleem in Namibië. Daar is nie werklik enige desentralisasie inisiatiewe nie en duisende werkloses trek na die hoofstad, of ander kerns soos Oshakati en Ondangwa, of die kus, op soek na werk. Op sy beurt bring die migrasie behuisingsuitdagings  en maatskaplike probleme. Kleiner dorpies loop ook dood wat weer groot uitdagings vir plaaslike owerhede bring. Die ministerie sê vir die implementering van sy beleid sal onwikkelingsvennote uiters belangrik wees.