Mickelson sê LIV is hier om te bly

Die sesmalige major-wenner, Phil Mickelson, sê die LIV-gholfreeks het alle verwagtinge oortref en is hier om te bly. Die eerste seisoen loop hierdie week ten einde by die Trump National-klub in Miami, met ‘n span-kampioenskap wat 897 miljoen Namibiese dollar as prysgeld het. Die wegbreek-reeks wat deur Saoedi-Arabië ondersteun word, het omstredenheid veroorsaak en is tans in ‘n regstryd met die PGA-toer gewikkel. Mickelson sê niemand kan ontken hoe ver die LIV-reeks gekom het nie: