SA-parlement ontvang R2 miljard vir herstelwerk

Die Suid-Afrikaanse Parlement het die begroting wat die Nasionale Tesourie vir die herstelwerk aan sy beskadigde geboue bewillig het, verwelkom en sê hulle kan nou dringend uitdagings hanteer ten opsigte van die infrastruktuur wat deur die brand in Januarie veroorsaak is. Daar is 2 miljard Suid-Afrikaanse rand aan die Parlement toegewys. Die woordvoerder van die Parlement, Moloto Mothapo, sê hulle verwelkom ook die bykomende toekenning van 118 miljoen rand vir onvoorsiene en onvermydelike uitgawes: