IS loods skietaanval by mausoleum in Iran

Die sogenaamde Islamitiese Staat het verantwoordelikheid aanvaar vir ‘n aanval op die Sjah Cheragh-mausoleum in die Irannese stad, Shiraz. Vyftien mense, onder wie ‘n vrou en twee kinders, is dood en 40 ander is beseer. Die land se President Ebrahim Raisi sê die aanval sal nie ongestraf bly nie en voeg by Iran se vyande neem wraak deur geweld en terreur. Shiraz is ‘n gewilde bestemming vir pelgrims en toeriste.