Michael Jordan se trui verkoop vir N$117,49m

Die legendariese basketbalspeler, Michael Jordan, se trui wat hy in 1998 in die NBA-eindstryd gedra het, is vir ‘n rekord 177,49 miljoen Namibiese dollar op ‘n veiling verkoop. Dit is nou die duurste gedenkwaardigheid in die geskiedenis wat tydens ‘n sportgeleentheid gedra is. Jordan het die trui wat deur Sotheby’s opgeveil is, in die eerste wedstryd gedra van die reeks waarin hy sy sesde en laaste NBA-titel saam met die Chicago Bulls gewen het. Dit is opgeveil saam met ‘n Sports Illustrated-tydskrif van Junie 1998 met Jordan op die voorblad. Die 59-jarige Jordan het in 2003 uitgetree.