Kaapstad-hawe hanteer tot 20% van SA se vrag

Die Wes-Kaapse LUR vir Finansies en Ekonomiese Geleenthede, Mireille Wenger, sê uitvoere ter waarde van 110,4 miljard Suid-Afrikaanse rand en invoere ter waarde van 99,9 miljard rand is verlede jaar deur die Kaapstadse hawe verwerk. Dit is volgens ‘n navorsingsverslag wat tydens ‘n seminaar aan belanghebbendes van oor die hele hawe-logistieke waardeketting voorgelê is. Wenger sê jaarliks hanteer die hawe ongeveer 18 tot 20 persent van Suid-Afrikaanse hawe-vraghouer-volumes: