Eskom sal nie geprivatiseer word nie

Suid-Afrikaanse adjunkpresident David Mabuza het aan parlementslede gesê Eskom sal nie geprivatiseer word nie. Mabuza het op ‘n vraag in die Nasionale Vergadering geantwoord en sê die regering se beleidsposisie is dat privatisering nie die antwoord is om beter oplossings te bied vir die huidige probleme wat die kragvoorsiener in die gesig staar nie. Mabuza sê Eskom is tans in ‘n gevorderde stadium van die ontbondelingsproses en die regering werk daaraan om die kragreus te omskep in ‘n meer doeltreffende openbare kragopwekkings-entiteit: