Miami: Medvedev v Sinner in halfeindronde
Die verdedigende kampioen Daniil Medvedev het sy plek in die Miami Ope se halfeindronde bespreek. Die Rus wat probeer om die eerste keer in sy loopbaan ʼn titel suksesvol te verdedig, het die Chileen, Nicolas Jarry, met 6-2 en 7-6 geklop. Die wêreld se nommer vier kom nou teen Jannik Sinner van Italië te staan teen wie hy ook vroeër vanjaar in die Australiese Ope se eindstryd kragte gemeet het. Medvedev het die laaste vier gehaal sonder om ʼn stel af te staan terwyl Sinner vanjaar net een wedstryd verloor het.