Messi se hemde gaan onder die hamer

Ses hemde wat Lionel Messi verlede jaar in Argentinië se wedstryde in aanloop tot hul oorwinning in die Fifa Wêreldbekertoernooi in Katar gedra het, gaan vandag in New York onder die hamer kom. Die afslaer Sotheby skat die hemde -insluitend die een van die eindstryd teen Frankryk – kan ‘n rekordbedrag van 186 milljoen Namibiese dollar haal. Die 36-jarige Messi sê ‘n deel van die opbrengs uit die veiling sal aan die Sant Joan de Deu Barcelona-kinderhospitaal se Unicas-projek gaan vir kinders wat aan seldsame siektes ly.