Lyk of Zuma volgende jaar met nuwe party sal staan

Pretoria FM berig dat hooggeplaaste ANC lede bekommerd is dat die party nog verdere steun kan verloor, met gerugte dat oud-president Jacob Zuma hom dalk by ‘n nuwe party gaan skaar. Die gerugte doen op sosiale media die rondte, na daar ‘n verkiesingsplakkaat van Zuma verskyn het, sonder enige ANC logo daarop. Zuma word verbind met die nuwe party uMkhonto weSizwe, vernoem na die ANC se militêre vleuel. Die party is reeds by die Onafhanklike Verkiesings Kommissie geregistreer. ANC hoës maak staat op Zuma om namens die party verkiesingsveldtogte te voer in Kwa-Zulu Natal, waar hy nog groot gewildheid geniet.