Merkwaardige verhaal van ‘n Namibiër

Aune Angobe het in die noorde van Namibië grootgeword en het nog nooit ‘n rekenaar gebruik voor sy universiteit toe is nie. Voor sy haar meestersgraad aan die Universiteit van Kaapstad begin het, het sy nog nooit suid van Windhoek gereis nie. Sy het net 500 Namibiese dollar gehad het toe sy die eerste keer Suid-Afrika toe gegaan het, maar haar grootouers het haar die waarde van onderrig geleer. Sy gaan Maandag haar meestersgraad in molekulêre selbiologie met ‘n gemiddeld van 95 persent behaal. Angobe gesels met Kosmos 94.1 Nuus.