Jongste oor 4B-verbyroete by Okahandja

Die 4B-verbyroete by Okahandja is steeds onder konstruksie, alhoewel die Covid-pandemie vordering vertraag het. Die seksie 4B beslaan die pad vanaf die Osona militêre basis tot by die Otjiwarongo-kruising agter Okahandja aan die suidelike kant en sal ‘n hoofweg word. Die Paaie-owerheid se woordvoerder, Hileni Fillemon, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die datum van voltooiing is verder tot November 2023 uitgestel.