COP26 sluit af, ooreenkoms afgewater

Die COP26-beraad het tot ‘n einde geloop. Die finale ooreenkoms is onderteken deur amper 200 lande maar, daar is kritiek omdat Indië en China gevra het dat die finale dokument eerder moet lees dat steenkool se gebruik verminder sal word, in plaas van dat die gebruik daarvan uitgefaseer word. Tog sê die Britse premier Boris Johnson dat die einde van steenkool in sig is.