Mercedes wil Hamilton behou

Mercedes se spanbaas Toto Wolff hoop Lewis Hamilton kan sy een-jaar kontrak verleng. Die sewe-malige wêreldkampioen het sy kontrak in Februarie hernu, ná bespiegeling dat hy oorweeg om die Siver Arrows-span te verlaat. Wolff sê hy wil nog ‘n vertraging met kontrak-gesprekke vermy en het onderhandelinge begin oor die moontlike verlenging van Lewis se kontrak met die span aan die einde van die jaar. Die tweede wedren van die seisoen is die Italiaanse Grand Prix volgende naweek.