Ferrari-moord: 3 doen aansoek om borg


Die drie mans wat aangekla is vir die moord van Daniele Ferrari, 52 jaar oud, op 14 Julie 2020 by Avisdam sal vandag ‘n formele aansoek om borg bring. Borg is op 27 November verlede jaar in die Windhoek Landdroshof geweier. Kefas Iileka, 33, Johannes Muzadma, 32, en Muvua Cheme, 25, staan ook tereg op klagte diefstal met verswarende omstandighede en poging tot moord. Landdros Ivan Gawanab het die saak tot vandaguitgestel vir ‘n formele borg aansoek deur die 3. Bewysstukke wat by die drie gevind is verbind hulle met ‘n gewapende roof 4 dae voor Ferrari se moord.