Menstruasie-armoede deur GirlUp aangespreek

GirlUp Namibia is besig om ‘n inisiatief in die Omaheke-streek te beplan om sanitêre doekies aan meisies te skenk. GirlUp Namibia ondersteun al jare lank minderbevoorregte meisies landwyd. Hulle sê die stigma oor menstruasie in sommige sirkels in Namibië is so erg, dat daar nie hulp gevra word nie. Die probleem staan bekend as menstruasie-armoede en meisies gaan nie skool of werk toe nie, omdat hulle nie sanitêre doekies, pynstillers of onderklere kan bekostig nie. Joy Pohno van GirlUp doen ‘n beroep op die publiek vir skenkings.