Bokke se bom-groep moet ontlont word

Die Wallabies-stut, Allan Alaalatoa, sê hulle is alte bewus van die bedreiging wat die Springbokke se sogenaamde bom-groep inhou wat Saterdag in Adelaide gaan uitdraf. Spelers soos Malcolm Marx, Steven Kitshoff en Franco Mostert het ‘n reputasie opgebou as lede van die bom-groep wat teenstanders verpletter wanneer hulle in die tweede helfte, of selfs net voor rustyd, op die veld losgelaat word. Alaalatoa sê hy ondersteun die spelers op die bank en glo hulle sal die Bokke kan ore aansit: