Mariental boer wat kind doodry, weer in hof vandag

Johan Meyer, ‘n boer van Mariental, verskyn weer vandag in die landdroshof op Mariental. Meyer, wat borg van 3 000 Namibiese dollar toegestaan is, is tot op hede van strafbare manslag aangekla na die dood van Hendrina  Mupolo, 9. Die voorval het op 1 Mei op sy plot, K11 by die Hardapskema plaasgevind. Hy het blykbaar vir Hendrina, haar ma en ander betrap waar hulle grondbone uit sy lande uitgegrawe het. Na wat beweer word, het hy probeer om hulle met sy bakkie weg te jaag en in die proses oor Mupolo gery. Sy is later in die hospitaal op die dorp aan inwendige beserings oorlede. Die saak is tot vandag toe uitgestel sodat Meyer regsverteenwoordiging kan bekom en vir die polisie om sy ondersoek te voltooi. Daar word berig dat Meyer getroud is met ‘n senior staatsaanklaer op die dorp, Anita Meyer.