Menseregtekommissie eis antwoorde van Danny Jordaan oor beweerde verkragting

Die Not In My Name-veldtog sê hy is tevrede omdat die Menseregtekommissie ‘n brief aan die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging se president, Danny Jordaan, geskryf het waarin antwoorde geëis word oor die beweerde verkragting van Jennifer Ferguson. Die sanger en voormalige ANC-parlementslid beweer Jordaan het haar 28 jaar gelede in ‘n hotel in Gqeberha verkrag. Themba Masango van Not In My Name sê dit kom voor asof daar ‘n gekoördineerde stilte oor die kwessie heers sedert Ferguson in Maart 2018 ‘n strafregtelike klagte gelê het.