Wes-Kaap is nou diep in derde Covid-vlaag

Die Wes-Kaap is nou diep in die derde vlaag van Covid-19 met die kanse dat inwoners die virus kan optel, wat nou soveel hoër is. Volgens die provinsie se departement van gesondheid, het baie meer mense – in veral die Kaapstad-metro – nou die virus, in vergelyking met die eerste en tweede vlae. Hoof van gesondheid, dr. Keith Cloete, sê dis veral by groot byeenkomste waar mense nou Covid-19 kan optel. Ons Kaapse korrespondent, Fritz Platt, is aan die woord.