Branderryer teen ontginning van swaarmetaal aan die Weskus

Pogings om die ontginning van swaarmetaal aan die Weskus te voorkom, het ‘n hupstoot gekry met ‘n beroep van die beroepsbranderryer Koa Smith op sy kwart-miljoen Instagram-volgelinge. Die Hawaiise atleet het onlangs ‘n kortfilm vrygestel wat ‘n beroep op sy uitgebreide ondersteunersbasis doen om die organisasie sonder winsbejag, Beskerm die Weskus, te ondersteun. Die organisasie se uitvoerende hoof, Mike Schlebach, sê Smith se video kom minder as drie weke voor die eerste branderry-kompetisie by Hondeklipbaai. Dit kan verdere mediadekking meebring.