Menseregtegroep sê geen mens is onwettig nie

Die menseregtegroep Kopanong Africa Against Xenophobia, sê geen mens is onwettig nie. Die woordvoerder, Sharon Ekambaran, sê in ‘n verklaring die terminologie wat ongedokumenteerde immigrante onwettig noem, is verkeerd, veral in ‘n land waar xenofobie ‘n werklike maatskaplike kwessie is. Ekambaran sê menswaardigheid moet in ag geeneem word wanneer die genoemde individue ongedokumenteerd is of hul dokumentasie onreëlmatig is. Die verklaring volg ná die onlangse spanning in Diepsloot, Johannesburg, waarin een Zimbabwiese burger dood en talle ander beseer is.