DA eis De Lille en haar direkteur-generaal se afdanking

Die DA sê die minister van openbare werke en infrastruktuur, Patricia de Lille, en haar departement se onlangs-heraangestelde direkteur-generaal, Sam Vukela, moet albei afgedank word. Die party sê dit is steeds nie duidelik of Vukela die regsnota gaan gehoorsaam waarin De Lille se prokureurs hom opdrag gee om nie vir werk op te daag nie. Die Algemene Bedingingsraad vir die Staatsdiens het beslis Vukela se skorsing moet opgehef word. Die DA-lid Samantha Graham-Maré versoek dat President Cyril Ramaphosa hulle albei moet afdank.