Kroasië skop ook Russiese ambassade-werkers uit

Kroasië het vandag 24 Russiese ambassade-personeel versoek om die land te verlaat weens Rusland se inval in die Oekraïne, sê Kroasië se departement van buitelandse sake in ‘n verklaring. Kroasië volg die voorbeeld van verskeie ander Europese lande wat Russiese ambassade-werkers verlede week uit hul land geskop het.