Menseregtedagvieringe slegs ‘n kranslegging

Die kantoor van die Khomas-goewerneur sê môre se vieringe van Menseregtedag en Namibiese Vrouedag sal weens voorsorgmaatreëls vir die vierde Covid-vlaag ‘n lae profiel-seremonie wees. Goewerneur Laura Mcleod-Katjirua sê aan Kosmos 94.1 Nuus sy en die nuwe Windhoekse burgemeester, Sade Gawanas, sal ‘n krans by die grafte van die 1959 helde en heldinne in Hochlandpark lê.