SA ouditverslae beter

Die Suid-Afrikaanse ouditeur-generaal Tsakani Maluleke het vanjaar se oudit-uitslae vir nasionale en provinsiale departemente en staatsinstellings bekend gemaak. Meer as 600 departemente en instellings is geoudit, maar die verslag behels slegs meer as 400. Maluleke sê daar was groot verbeterings, maar erken ‘n lang pad lê nog voor.