AR gaan Britse maatskappy inspan om miljoene weens korrupsie terug te kry

Die Affirmative Repositioning-beweging en ‘n Britse maatskappy, Restitution, sal saamwerk om miljoene terug te gee wat na bewering deur korrupte transaksies gesteel is. Restitution sê hulle bring kundiges in teen-korrupsie en omkopery, handhawing, regering, reg en finansies bymekaar om eise teen korruptes af te dwing en die gesteelde besittings van ontwikkelende lande terug te gee op ‘n manier wat die mees kwesbare en gemarginaliseerdes bevoordeel.