Malawi sal nie inmeng met regsproses vir uitlewering van Bushiri’s

Die regering van Malawi het onderneem om nie in te meng met die regsproses vir die uitlewering van profeet Shepherd Bushiri en sy vrou Mary aan Suid-Afrika nie. Die Bushiri’s is in hegtenis geneem in verband met ‘n saak van bedrog en geldwassery van 102 miljoen Suid-Afrikaanse rand. Die uitleweringsaak sal na verwagting op 5 Augustus voortgesit word. Die regering se woordvoerder, Gospel Kazako, het gesê die egpaar se saak sal regverdig en sonder enige intimidasie van getuies hanteer word.