Mensehandel buit kinders vir sekswerk uit in Nam

Namibië het in 2020 19 gevalle van mensehandel aangeteken teenoor 30 in die vorige jaar. Van die slagoffers sluit Namibiese kinders sowel as Angolese minderjariges wat vir sekswerk uitgebuit is. Ander is weer vir huiswerk of as veewagters gebruik. Die Namibiese regering het daadwerklike pogings aangewend om mensehandel te beperk en nie net lede van Nampol nie, maar ook maatskaplike werkers regoor die land is in die verband opgelei. In 2020 het die regering 6 miljoen Namibiese dollar betaal aan nie-regeringsorganisasies om na slagoffers van mensehandel om te sien.