Jeff en kie opgewonde vir ruimtevaart vandag

Die stigter van Amazon, Jeff Bezos, sê hy is opgewonde oor sy ruimtereis vandag met sy maatskappy Blue Origin se eerste bemande vlug van die New Shepard-vuurpyl. Hulle lanseer om half-een vanmiddag, plaaslike tyd, naby Van Horn in die weste van Texas. Hy word vergesel deur sy broer Mark, die tagtigjarige lugvaartbaanbreker Wally Funk en ‘n 18-jarige student, Oliver Daemen. Bezos sê hulle gaan sowat vier minute gewigloos wees, uit hulle sitplekke ronddryf en na die aarde se atmosfeer kyk: