Mense moet ophou praat en iets doen oor jeugwerkloosheid

Namibië het ‘n indaba nodig om werkloosheid te bespreek. Dit is die mening van die woordvoerder van die IPC-party Imms Nashinge. Hy sê werkbare oplossings is nodig om armoede aan te spreek. Kosmos 94.1 Nuus het met Nashinge gepraat oor sy voorgestelde oplossings in die verband.