Mense bo 60 moet ent, asb!

Die DA in Gauteng het ‘n beroep gedoen op mense ouer as 60 jaar om hulle vir Covid-19-inentings te laat registreer. Die party het sy kommer uitgespreek oor die lae registrasiekoers, met slegs 20 persent van die bykans 1,3 miljoen mense ouer as 60 in Gauteng wat tot dusver geregistreer het. Jack Bloom van die DA het beklemtoon dat die dreigende derde vlaag besmettings dit dringend noodsaaklik maak dat mense hulle moet laat inent. Hy sê as groot groepe kwesbare mense hulle kan laat inent, sal daar nie ‘n toestroming van pasiënte in hospitale wees nie: