Bou ‘n beter Europa

Frankryk se president, Emmanuel Macron, het ‘n beroep op inwoners van Europa gedoen om inspirasie uit Amerika te put en nuwe maniere te vind om Europa se toekoms te vorm én dit vinnig te doen. Macron het op die opening van die konferensie oor die Toekoms van Europa in die Franse stad Straatsburg gesê Europa is ‘n onafgehandelde projek, maar is beter as sy grootste teenstanders en bondgenote. Die president van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyen, het deelnemers aan die konferensie intussen gemaan om hulle op werklike kwessies toe te spits: