Polisieman pleit onskuldig op 40 pornografie klagte

Johann Wickus Maree, ‘n voormalige polisie beampte het onskuldig gepleit in die Windhoek landdroshof op 40 klagte van kinderpornografie. Volgens die staat het Maree minderjarige seuns verfilm en die beeldmateriaal op die sogenaamde donker-web verkoop. Die 49-jarige se prokureur Aina Nangolo sê haar kliënt sal nie ‘n pleitverduideliking in die hof indien nie maar eerder wag vir die staat om sy saak teen Maree te bewys. Die saak is volgens berigte in samewerking met polisie in Holland en Suid-Afrika, en met die hulp van Interpol, ondersoek. Maree bly in aanhouding. Sy saak is tot 27 September uitgestel vir die aanklaer-generaal om te bepaal presies watter klagtes hy vervolg sal word.