Mens-dier konflik: daar is planne daargestel

Die Namibiese Ministerie van die Omgewing en Toerisme het die afgelope tyd soms probleme ervaar om die probleem van mens-dier konflik te hanteer en te beheer. Volgens Minister Pohamba Shifeta is daar verskillende bestuursplanne daargestel om die probleem na wense te kan hanteer soos hy aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik.